Genito-urinêre stelsel

Nierstene

Nierstene was ’n algemene verskynsel vir Mev. H. Sy het jare lank aan ondraaglike pyn gely. Haar pynstillers het haar tot R800 per maand gekos. Dit het tydelike verligting gegee, maar nie die probleem opgelos nie.

Haar nierstene is iets van die verlede. Na die eerste week se behandeling het sy nie meer pyn gehad nie. Mev. H. glo ten volle in Acutouch-terapie, en behandel suksesvol die verskeie kwale van haar gesinslede.

Impotensie

’n Afgetrede loods het van Acutouch gelees en besluit dat dit die antwoord vir sy enigste probleem kon wees. Mnr. D. is ’n redelik gesonde 80-jarige man wat ’n paar jaar gelede nie meer ’n ereksie kon kry nie. Gedurende die eerste week van behandeling met die Acutouch-penne het hy meer energiek gevoel, maar daar was geen merkbare verskil nie. In die tweede week het hy weer ’n volle ereksie kon kry. Die terapie het sy lewe heeltemal verander.

Mr. P. is 43 jaar oud en het met ’n vergrote prostaat gesukkel. By tye kon hy nie ’n erkesie volhou nie en soms kon hy glad nie een kry nie. Sy toestand het aansienlik verbeter na twee behandelings. Hy het aangehou met die behandeling en het na vier weke gesê dat die prostaatprobleme opgeklaar het en dat hy weer ’n ereksie kon volhou.

Lae libidovlak

Mev. M. is 50 jaar oud en het aan verskeie kwale gely. Na heelwat operasies het sy gereeld blaasinfeksie opgedoen en het erg lae rugpyn gehad. Sewentien jaar lank het sy nie lus gevoel vir seks nie en alle belangstelling daarin verloor. Sy het positief gereageer op behandeling en na twee weke ’n groot verbetering in haar libido gekry.

Vaginale bloeding/tumor

Mev. de Kock het wonderlike resultate met Acutouch gehad na ’n traumatiese ondervinding:

Op 54 het sy besluit op ’n histerektomie. Kort nadat die operasie begin het, het hulle uitgevind dat sy ’n hemofilie-lyer (’“bloeier”) is en die operasie is dadelik stopgesit.

Nege jaar gelede het sy van ’n hoë muur afgespring en erg begin bloei. ’n Reeks toetse het aangedui sy het kanker van die eierstokke. ’n Eierstokgroeisel so groot soos ’n viermaande oue fetus is verwyder en sy is ingelig dat die ander eierstok nie opgespoor kon word nie. Verskeie klinieke, spesialiste en prosedures is onsuksesvol probeer.

Die bloeding het nooit opgehou nie en Mev. de Kock het uit pure moedeloosheid Acutouch-terapie probeer. Na ’n maand se behandeling het die pyn en bloeding dramaties verminder. Klein deeltjies wat uitgeskei is, is as verrotte chirurgiese materiaal geïdentifiseer. Sedert haar bloeding begin het, was sy baie gesteld op haar persoonlike higiëne en sy was seker dat ’n stuk chirurgiese instrument na die operasie in haar agtergelaat is .

Na haar tweede buikwandinsnyding en kouterisering is daarop aangedring dat sy teen haar wil met chemiese behandeling voortgaan. Effense bloeding het nog voorgekom veral uit haar blaas, en daar is gesê dat dit die gevolg van die eierstok is wat nie opgespoor kan word nie. ’n Deel van haar derm is ook verwyder. Gedurende dié angsvolle tydperk, het die Acutouch Pointers haar stresvlakke en die oorweldigende hopelose gevoel help verbeter. Die ongemak en pyn in haar blaas is dramaties verminder. Spierstyfheid is grootliks verlig en sy het vinniger genees as was verwag is.
Genito-urinêre stelsel
Scroll to top