Hoe Dit Werk

’n Natuurlike oorgang tussen moderne en komplimentêre medisyne

Internasionale golf van belangstelling in die komplimentêre en alternatiewe gesondheidsveld het ontstaan omdat die breë publiek ontevrede is met farmaseutiese produkte en weens die groeiende oorheersende neiging om duur konvensionele metodes tee te staan. Belangstelling in nuwe geneeskundige beskouings en alternatiewe tegnologie het eksponensieel vermeerder, ’n feit wat deur die daaglikse groter mediabelangstelling en mediadekking onderskryf word.

Allopatiese en komplimentêre praktisyns werk al te lank teen mekaar, tot die uiteindelike nadeel van pasiënte. Tot nou toe het ’n oorbruggende terapie tussen die moderne mediese wetenskap en die natuurlike helende filosofie van die Ooste ontbreek: ’n samevoeging van natuurgenesing en allopatie waarin die pasiënt en die praktisyn saam kan glo.

Wat is Genesen Acutouch-terapie?

Genesen Acutouch-terapie, wat nou in Suid-Afrika beskikbaar is, open ’n nuwe middelterrein en is ’n ongekende vooruitgang in nie-indringende natuurlike terapie vir tuis- en professionele gebruik. Dit is buitengewoon effektief by pynverligting, die behandeling van chroniese toestande en sportbeserings, en as ’n tuisterapie vir meer as 220 geïdentifiseerde kwale en siektes. Genesen Acutouch het ‘n dramatiese effek op die liggaam se vermoë om homself te genees, en komplimenteer enige ander vorm van behandeling of terapie.

Die Genesen Acutouch toestel bestaan uit twee sg. Touch Pointers (oftewel goue penne), wat ontwerp is om ’n kombinasie van natuurlike energie by geselekteerde akupunktuurpunte of by die plek waar die besering is in die liggaam in te voer, maar sonder om die vel deur te dring. Die Acutouch-metode is ’n kombinasie van elemente wat saamwerk om dié unieke effek te bewerkstellig.

Natuurlike energie en Chi

Natuurlike energie in die vorm van elektromagnetiese golwe word aangetrek en ingespan deur die paar Touch Pointers, deur gepatenteerde simpalense wat op die kruin van die lense is. Dié lense is eintlik mikro-antenne en die seskantige vorm van hulle stroombaan versterk en versnel die vloei van hierdie energie deur die punte tot op ’n minimumdiepte van 25 mm onder die vel se oppervlakte. Die simpalens se ontwerp is gebaseer op die onafhanklike navorsing deur die Japannese fisikus Prof. Yamata Takao. (Dié navorsing het bewys hoe belangrik die natuurlike seskantige vorm is om die atmosferiese golwe op te vang binne die elektromagnetiese spektrum en om hulle resonans te versterk deur algehele interne refraksie.) Dié natuurlike energie is die enigste bron van krag wat in die Acutouch Pointers gebruik word.

Dié natuurlike energie word ook Chi genoem; dis dié lewenskrag wat ons lewend hou — ’n konsep wat gewortel lê in Oosterse medisyne en filosofie, en wat oor ‘n tydperk van 4000 jaar ontwikkel het. Daarom is dit nodig dat dié lewenskrag hervul moet word deur skoon lug in te asem en deur vars, natuurlike kosse te eet — alles dinge wat al hoe skaarser word in ons besoedelde wêreld.

Eeuelank sê tradisionele Chinese medisyne reeds dat ononderbroke vloei van Chi in die liggaam broodnodig is vir die onderhoud van gebalanseerde gesondheid. Maar moderne wetenskaplike navorsing het eers onlangs beaam dat daar 14 hoof Chi- of meridiaanse kanale deur die liggaam loop. Dié kanale volg dikwels spesifieke anatomiese paadjies. Enige blokkasie of onderbreking in die vloei van Chi deur dié kanale veroorsaak siekte en pyn.

Die Genesen Acutouch Pointers versamel en konsentreer Chi deur hulle simpalense, of antenne, en kanaliseer dit afwaarts deur ’n kombinasie van stowwe in ’n sinergistiese stroom van ver-infrarooi strale, negatiewe ione (anione), en ’n sterk magnetiese veld. Dié gekombineerde vloei, of Genesen, vernuwe die liggaam se natuurlike energiebalans en verhoed dat siektes uitbreek. Dit verlig pyn en versnel die genesende proses in die dele waar die Touch Pointers gebruik word.

Ver-infrarooi strale

In die laat 1960’s het NASA die produksie van ver-infrarooi strale met ’n golflengte tussen 6 en 14 mikrometer ontwikkel, deur die gebruik van bio-keramiek stowwe.

Die ver-infrarooi strale stimuleer die watermolekules in ons liggame om in harmonie te resoneer, sodat hitte geproduseer word. Omdat die menslike liggaamsmassa uit sowat 70% water bestaan, kan die gebruik van die twee Touch Pointers, wat dié bio-keramieke stowwe bevat, ’n onvermydelike reaksie hê. Die resonans van dié strale vermeerder die temperatuur van die diepergeleë weefsel onder die vel, en die haarvaatjies rek oop om sirkulasie te verbeter. Metabolisme verbeter en ATF-produksie vermeerder; weefsel wat deur trauma veroorsaak is, herstel, terwyl infeksie of ander fisiologiese begin genees. Toestelle wat hittebeelde aandui het getoon dat die temperatuur op die plek waar die Touch Pointers gebruik is met 0.5 grade Celcius styg.

Ons weet ook dat ver-infrarooi strale help om ensieme te produseer en help om vry vetsure en kolestrol te verminder, en ook die veroudering van selle te vertraag.

Magnetisme

Die VSA se FDA het magnetiese terapie as effektief aanvaar en het gesê dat magnete van minder as 800 Gauss veilig is vir mediese doeleindes. Die Genesen Touch Pointers het sterk magnete bo-op hulle punte. Hulle veroorsaak ’n gefokuste magnetiese veld geskat op 600 Gauss waar dit die vel aanraak (800 Gauss met die M 5.2 Professional). Die magnetiese veld wat tot 40 mm onder die vel indring, help om die sellulêre afval van die vate te verwyder, verbeter sirkulasie en verminder cholesterol en ander toksiese vlakke. Geen skadelike elektromagnetiese golwe word geproduseer nie.

Dié magnete werk volgens’n wetenskaplike beginsel bekend as “The Hall Effect”, wat sê dat ’n gelaaide ioon se roete verander as dit deur ’n magnetiese veld beweeg. Kalsium-ione word veral beïnvloed en neig om te deflekteer deur die semi-deurdringbare membraan van selle tot in die kern van die selle. Dit verander die poreusheid van die membraan, sodat voedingstowwe die sel kan binnegaan en breek metaboliese produkte af om uitgewerp te word. Daar is bewys die alkaliese omgewing wat deur magnetiese velde in ekstra-sellulêre vloeistof gemaak word, veral by die noordpool, abnormale mitose strem. Endorfien wat vrygestel word onder die invloed van magnetiese velde is ook so aangeteken, en dit is dié meganisme waarop die Touch Pointers aanspraak maak om te help by pynbeheer en vermindering van hipertensie.

Anione

DieTouch Pointers bevat ook natuurlike ioniese stowwe, wat ’n aaneenlopende vloei van voordelige negatiewe ione voortbring. Ione beïnvloed die liggaam se kapasiteit om suurstof te absorbeer en te gebruik. Die normale balans van anione en katione word versteur deur besoedeling, gevaarlike elektromagnetiese golwe, te veel oefening, min slaap of deur stres. Anione versnel die lewering van suurstof aan die liggaam se selle, sodat ons dus helder kan dink en goed kan voel. Anione verminder ook die indringing van alfaslaapgolwe na deltagolwe. Dit help ook om baie neuro-senders aan te vul en help met die herlewing van verskillende soorte weefsel.

Dr. Danaka, ’n Japannese fisioloog, het gedemonstreer dat negatiewe ione gunstige resultate voortbring, want dié negatiewe ladings is ’n integrale deel van proteïne in bloedserum. Die teenwoordigheid van ekstra-sellulêre negatiewe ione help die potensiële verskil regoor die sellulêre membraan, dus werk die sodium-potassium pomp beter, die toevoer van voeding na die selplasma verbeter en dit help met die uitskeiding van afval uit die selle. Die Touch Pointers se magnetiese veld bevorder en versnel ook dié werking.

Kyk na ’n diagram om te sien hoe dit werk

click on image

Produkte

Acutouch G300TT
Acurepatch Type C
Acurepatch Type H
Acutouch Gold Plus M5.2
Scroll to top