Metaboliese afwykings

Suikersiekte

Die afgelope 20 jaar ly Mev. D. aan suikersiekte, wat ook die bloedsomloop in haar bene geaffekteer het. Vyf jaar gelede het sy gevoel in haar bene begin verloor. Haar bene het soms lam gevoel en sy het die naalde-en-spelde gevoel ondervind.

Sy het ’n artikel oor Acutouch-terapie gelees, en het met behandeling by haar fisioterapeut begin. Na die eerste behandeling het haar tone meer beweeglik gevoel en die gevoel het stadigaan teruggekom. Sy was baie beïndruk toe sy na slegs drie behandelings self haar skoene kon aantrek (iets wat sy jare lank nie kon doen nie). Die mooi ligroos kleur in haar bene was bewys dat die bloedsomloop herstel is, en sy hoop sy kan ander lyers aanmoedig om die terapie te probeer. Sy is verbaas oor die resultate.

Mev. I. is as jong kind met suikersiekte gediagnoseer. Behandeling met die Acutouch Pointers het haar gehelp om haar suikervlakke stabiel te hou. Sy besef dat voortgesette behandeling voordeliger sal wees.

Metaboliese afwykings
Scroll to top