Neurologiese kwale

Parkinson se siekte

Lorraine Elliot is 73 jaar oud. Die diagnose was dat sy Posturale Bewing het. Sy het gereeld inspuitings in die boude moes kry. Sy het besluit om die inspuitings op 25 Augustus 2000 te staak en het met Acutouchbehandeling begin. Die terapie het 29 Augustus begin. Sy het drie behandelings per dag gekry. ’n Behandeling het tussen 30 en 45 minute geduur op die punte waar behandeling vir Parkinson se siekte in die handleiding aanbeveel word. Sy het die penne op die plekke gehou tot die sensasie minder geword het. Na drie dae het sy ’n verbetering opgemerk en na ’n week was sy 75% beter. Drie weke later was die gebewe weg. Sy sê sy bewe nog elke 3 of 4 dae as sy swaar goed probeer optel, maar haar skryfvermoë is weer normaal. Sy loop flink en praat ook nie meer bewerig nie.

Audrey Young is in 1995 met Parkinson se siekte gediagnoseer. ’n Neuroloog het dopamine voorgeskryf en die dosis is in die afgelope vyf jaar vier keer vermeerder. Sy het met Acutouch-terapie begin, en na ’n maand kon sy ’n verbetering voel. Na twee maande het die gebewe baie afgeneem en haar medikasie is na ’n derde van die oorspronklike hoeveelheid verminder. Sy bestuur nou haar motor, slaap beter en haar spraak is perfek. Sy loop ook aansienlik beter.

Hans van den Breggen het baie gerook. Hy is 15 jaar gelede met Parkinson se siekte gediagnoseer. Hy het om mediese redes in 1994 afgetree. Later is die diagnose na Posturale Bewing verander. Hy het begin doof word en is toe met Meniere se siekte gediagnoseer. Sy toestand was erg voordat hy met die Acutouch-behandeling begin het. Hy het medikasie gebruik wat die simptome effens kon beheer, maar die dosis moes gereeld verhoog word. In Januarie 2000 het hy met die behandeling begin. Hy het eers slegter gevoel, maar sy liggaam was besig om ontslae te raak van die gifstowwe. Na ’n week het hy beter begin voel. Na ’n besoek aan sy dokter het toetse getoon dat alle tekens van Meniere-sindroom verdwyn het. Sy medikasie is grootliks verminder.

Twee maande later het al sy simptome verdwyn, selfs die gebewe het heeltemal opgehou. Hy gaan voort met die formule vir onderhoudende behandeling as sy enigste soort behandeling.
Kyk na Hans se foto.

Susan van Niekerk (69) was desperaat oor haar swak gesondheid. Sy kon nie ’n koppie tee of ’n boek vashou nie. Dit was die gevolg van Parkinson se siekte en Posturale Bewing. Sy het ook ’n swelsel aan haar been gehad na ’n operasie, en die Posturale Bewing het haar balans en loopvermoë erg beïnvloed. Sy het in ’n koerant van Acutouch-terapie gelees en besluit om dit te probeer. Dit was moeilik vir Susan en die terapeute, maar uiteindelik het hulle tog saam iets bereik. Sy het baie minder pyn en sy loop sonder moeite. Die beste ding was dat die gebewe opgehou het en dat sy weer haar hande effektief kon gebruik.
Kyk na foto’s van Susan.

Mnr A. B., 76 jaar oud, het jare gelede aan Parkinson se siekte begin ly. Al is dit nooit formeel gediagnoseer nie, het hy twee jaar gelede met behandeling begin, met uitstekende gevolge.

’n Paar jaar gelede het Mnr H. T. (85 jaar oud), Parkinson se siekte gekry. Hy kon baie min doen en moes voltyds mediese bystand kry. Hy kon nie self in sy bed omdraai nie, loop was moeilik en hy was vir alles wat hy benodig het van sy vriende en familielede afhanklik. Sy behandeling het in Februarie 2001 begin. Sy toestand het só vinnig verbeter dat hy kon loop en selfs alleen uit die motor kon klim. Hy kry nog drie keer per maand onderhoudende behandeling. Hy is nou weer onafhanklik en is dankbaar dat sy vriende vir hom van Acutouch vertel het.

Bell se verlamming

Martin le Roux het Bell se verlamming gekry toe hy 59 was, maar hy het eers ’n jaar daarna met die Acutouch-behandeling begin. Teen dié tyd was sy gesig erg misvorm en het hy erge pyn verduur. Na slegs twee weke het die pyn verminder, en na ’n maand was sy mond beter en sy lippe nie meer ingetrek nie. Sy oog het ook gesond begin raak en het heelwat hoër opgetrek. Hy is aanvanklik een keer per dag, twee maande lank behandel, maar nou is behandeling slegs twee keer per week nodig. Mense wat hom lank nie gesien het nie, besef dat die verandering werklik groot is.

Veelvuldige Sklerose

Frikkie Fourie was altyd ’n aktiewe sportman, maar die afgelope paar jaar kon hy nie meer aan sport dink nie. Hy het eienaardige simptome gekry, en na ’n paar maande en baie toetse het die dokters eers Sklerose gediagnoseer. Dit was vir hom ’n groot skok en die gedagte om ’n parapleeg in ’n rystoel te word, het hom geweldig depressief gemaak.

“Ek wou selfmoord pleeg, ek wou net dood wees.”

Die voorgeskrewe medikasie het min uitwerking gehad en hy moes ophou werk. Hy het met Acutouch-behandeling begin en elf dae later het hy begin loop met sy bene in stutte. ’n Maand later kon hy die stutte los en net met sy kierie begin loop. Hy ry nou 60 km per dag per fiets en sy elektriese rystoel staan in die garage en stof opgaar. Frikkie se spraak is amper weer normaal, en hoewel hy 40 jaar lank gehakkel het, is dit nou ook heeltemal weg!

Hannetjie Human was slegs 20 toe sy met Veelvuldige Sklerose gediagnoseer is. Haar ma het aanbeveel dat sy nooit moet trou nie, maar sy het tog en is reeds 8 jaar lank met Leon getroud. Haar lewe was bitter moeilik vandat sy die siekte gekry het, maar sy het dapper voortgesukkel na elke terugslag om telkens weer te leer skryf en praat. Maar op 30-jarige ouderdom het sy só ’n groot terugslag gehad dat sy bedlêend was en heeltemal sonder energie. Haar man het vir haar ’n rystoel gehuur, maar uit pure frustrasie het sy dit by ’n trap afgestoot. Leon het van die Acutouch- behandeling gelees en besluit dat daar niks was om te verloor nie. Die behandeling het wondere verrig, en deesdae lei Hannetjie’n normale lewe en vertel haar storie aan ander lyers sodat hulle moed kan skep ten spyte van hul vreeslike lyding.

Beroerte

Mev M. het ’n geweldige serebrale verstopping gehad wat haar linkerkant heeltemal verlam het. Gelukkig het sy nie in ’n koma verval nie, maar sy was ten volle onbekwaam aan daardie kant. Haar sig was beskadig en sy kon slegs die regterkant van elke oog gebruik, en daar was geen visie in die linkerhelftes van haar oë nie. Sy het effe onduidelik gepraat.

Binne vyf uur na die aanval het ’n dokter haar begin behandel. Hy het haar ongeveer drie uur lank met Acutouch-terapie behandel op al die punte in die handleiding (Users Manual). Na die eerste behandeling het sy reeds gevoel in haar linkerskouer en linkerdy begin kry. Sy sê dit het gevoel asof sy begin “ontdooi”. Die volgende dag voor die tweede behandeling, het sy die dokter se hand op haar linkerwang gevoel, en die linkerkant van haar gesig was nie meer so slap soos die vorige dag nie. Na die tweede dag se behandeling kon sy haar arm en been effens buig. Die derde, vierde en opvolgbehandeling het voortgesette verbetering getoon, tot groot verbasing van haar dokters. Teen die tiende dag kon sy sonder hulp staan. Alhoewel haar neuroloog en fisioterapeut nie veel hoop het vir haar oë en linkerhand nie, is die dokter wat die Acutouch-terapie toepas, optimisties. Sy rehabiliteer en vorder daagliks, en kan reeds die Acutouch Pointers op al die plekke voel.

Acutouch-terapie is juis oorspronklik uitgevind om die gevolge van beroerteaanvalle te behandel.

Skeelhoofpyn (Migraine)

Mnr T. moes in sy daaglikse roetine met verblindende skeelhoofpynaanvalle sukkel. 20 jaar lank het hy met depressie gesukkel en hy het aggressief opgetree as gevolg van die geweldige hoofpyn. Hy het baie dokters geraadpleeg, wat pynstillers en anti-depressante voorgeskryf het. Dit was in die algemeen oneffektief en het net tydelike verligting gegee. Hy was toe in diens van die Lugmag en het besluit om vroeg af te tree weens sy toestand. Na een behandeling met die Acutouch Pointers, het hy net ’n ligte hoofpyn gehad en hy het baie beter gevoel. Die tweede behandeling was nog voordeliger: hy het amper geen hoofpyn gevoel nie. Na die derde behandeling was die simptome weg en hy was werklik beïndruk met Acutouch!

Hoofpyn

Mev E. U. is 43 jaar oud. ‘n Aantal jare gelede het sy geweldige hoofpyne begin kry en het gedink dit was hormoon-verwant. Die toestand het geleidelik vererger. Tot haar verbasing het sy dadelik beter begin voel na Acutouch-behandeling. Sedertdien het sy ligte hoofpyn gekry en die pyn het geleidelik afgeneem en uiteindelik verdwyn. Vier maande later kry sy nog onderhoudsbehandeling, maar het twee maande lank geen hoofpyn gekry nie.

Spanningshoofpyn

Verskeie studente het positief gereageer na die gebruik van Acutouch Pointers tydens hul eksamen. Party het geweldig hoofpyn gehad, wat met Acutouch-terapie onmiddellik of binne ’n dag of twee verdwyn het.

Serebraalverlamming

Ses maande gelede was Celine Mouton só spasties dat sy die meeste van die tyd in ’n fetusposisie bly lê het. Haar ma, Anna, het reeds bekommerd geraak toe sy maar net ses maande oud was. Na verskeie toetse by die Akademiesae Hospitaal in Pretoria, is sy na die kliniek verwys vir serebraal-gestremdheid.

Voor die Acutouch-terapie kon sy nie kou nie. Sy moes haar kos insuig en dan insluk. Sy kon nie in haar slaap omdraai nie, sy het nooit gekruip nie, en haar arms en bene was opgetrek met spasma. Haar een been het pal oor die ander gelê en haar knieë en enkels was na binne gedraai. Celine se voete was ook na binne gekeer en as hulle haar optel, het sy die binnekant van haar voete as hakke gebruik. Boonop kon Celine alles verstaan, maar niemand kon verstaan wat sy probeer sê het nie.

Hannah Helberg, die Genesen-terapeut wat met Celine se behandeling gehelp het, het gesê sy weet Celine sal verligting kry, maar sy kon nie sê in watter mate nie. Die Acurepatch is daagliks agter haar kop aangewend om die serebrale deel van die brein te behandel. Acutouch-terapie is ook direk toegepas op dele waar spasma op haar bene en arms voorkom.

Celine se hande het gou begin ontspan en sy en haar ma was baie opgewonde toe sy die eerste keer haar speelgoed kon optel. Haar spastiese kolon het ook vir die eerste keer in haar lewe ontspan. Ma en kind het albei besef sy gaan nog verder verbeter. Al was sy ’n klein kindjie het Celine geweldige deursettingsvermoë getoon, en twee weke na die behandeling het haar spraak verbeter en haar bene en voete het reguit begin word en stadigaan ontspan.

Vandag kan Celine haarself in ’n staande posisie oplig en sy kan met hulp klein entjies loop. Die laaste keer toe ons van Celine gehoor het, kon sy met haar voete plat op die vloer staan. Ons glo dat dié vooruitgang beteken dat Celine eendag self sal kan loop.

Marlie Loots is 9 Mei 2000 vroeggebore. Sy het nie asemgehaal nie en was reeds blou. Die hospitaalpersoneel het haar uitendelik op ’n ventilator gestabiliseer. Die volgende oggend het sy drie stuipe-aanvalle gekry ongeveer tien minute uit mekaar.

Marlie is ’n maand later uit die NNICU ontslaan. Dit het daarna goed gegaan totdat sy brongitis gekry het. Marlie het ook asma gehad, en sy kon nie haar nek na regs beweeg as sy op haar linkerkant lê en ook nie as sy andersom lê nie. Sy was vier maande oud toe sy met fisioterapie begin het.

Marlie se stadige vordering het haar ouers gehinder. Dokters het weer ’n reeks toetse gedoen wat ’n RT, MR en EIG ingesluit het. Resultate het getoon dat sy ’n elektriese strook deur die brein het, en dat sy serebrale edeem en erg skade in haar wit selle het. Die dokter het Epilum en Prelone voorgeskryf vir die stuiptrekkings. Sy het heeldag geslaap en niks in die omgewing belanggestel nie.

In Desember 2001 het haar familielede ’n Acurepatch en ’n stel Genesen Acutouch penne gekoop. (Hulle gebruik tans net die Acurepatch-plakker en sal binnekort met behandeling met die penne begin.) Voorheen kon Marlie net lekkers tot by haar mond bring, maar nou kan sy al die plakker van haar kop afhaal! Haar ouers het ’n wonderbaarlike verskil in haar energievlakke begin sien, en sy het snags beter begin slaap. Teen die einde van Desember het hulle gesien dat sy beter konsentreer en sy het haar kop nuuskierig gedraai as mense met haar praat. Sy het baie meer belanggestel in haar omgewing en kon beter konsentreer. Sy het selfs iets van die tafel afgetrek om daarmee te speel en sy het haar eie speelgoed vasgehou en by ander kinders speelgoed afgevat. Sy het 27 Desember dit reggekry om om te draai op haar regtersy. 1 Februarie 2002 het sy in babataal begin terugpraat en probeer om haarself te voer. Haar reuksin het ook dramaties verbeter. Sy leer nou kruip.

Cailin Douman is drie jaar gelede vroeg gebore. Sy kon nie kommunikeer of sit nie en haar onderste ledemate was meestal met spasmas geaffekteer. Sy het gereeld brongitis gekry en haar longe was baie swak. Sy was baie rusteloos en geïrriteerd en het sleg geslaap. ’n Algemene simptoom, naamlik kwyling, was teenwoordig en sy was gereeld hardlywig. Al was sy spontaan en aangenaam was haar bene nog steeds vir haar die grootste probleem – veral haar linkerheup wat baie spasties was. Om te beweeg, te kruip en te loop was vreeslik pynlik.

Haar ouers het haar 13 Oktober 2001 met ’n Acurepatch begin behandel. Binne twee weke het sy geduldiger en rustiger begin raak. Sy het beter begin slaap en haar spysvertering het daagliks verbeter. Na die eerste maand het die kwyling merkbaar verminder en het sy verbaal verbeter. Sy het ook meer notisie geneem van haar omgewing. Na ses weke van Acutouch-terapie het sy gemaklik rondbeweeg en die spastiese spanning in haar bene het verminder. Sy kommunikeer elke dag beter. Haar sensitiewe asemhalingskanaal word sterker. 3 Januarie 2002 het Cailin begin kruip – iets wat sy nooit tevore kon doen nie. Behandeling gaan daagliks voort.

Louis Conradie is ’n negejaaroue seuntjie van Kaapstad wat serebraal verlam is. Hy is baie spasties en het ’n hoë spiertonus. Louis is baie intelligent en het ’n wakker brein. Sy grootste probleem lê in sy boonste ledemate en veral aan die regterkant. Mev Conradie het liewer ’n stel Genesen Acutouch Pointers bo Acurepatches verkies, want hulle is meer effektief op Louis se ouderdom. Al kan Louis praat, het hy probleme om sekere geluide en vokale klanke te maak. Na ’n maand se behandeling het sy spastiese toestand verbeter en sy hele liggaam voel meer ontspanne. Hy toon meer belangstelling in sy omgewing en hy konsentreer beter. In die middel van Januarie 2002 het sy hand ná behandeling begin reageer. Hy het eintlik sy hand beweeg – iets wat hy nie tevore kon doen nie. Teen die begin van Februarie 2002 kon hy sy hand fisies gebruik. Sy ouers onderrig hom tuis en Louis kan dus sy rekenaar makliker gebruik. Hy ontvang steeds behandeling en hy vorder daagliks.


Jeran Harris is twee maande te vroeg gebore en is met Serebraalverlamming gediagnoseer toe hy tien maande oud was. Toe hy 5 maande oud was, het sy ma opgelet dat hy nie kan sit of kommunikeer nie. Hy was hardlywig en sy linkeroog was skeel. Hy is na ’n kinderarts geneem, en na ’n fisioterapeut verwys. Evaluering het getoon hy was erg spasties en het ’n hoë spiertonus, veral in sy arms en bene. ’n Oogarts het vasgestel dat Jeran so te sê blind is.

Na ’n paar maande van intense behandeling met Acutouch-terapie het sy linkeroog dramaties verbeter en is hy verbaal 70% beter. Hy kan sy boonste ledemate konstruktief gebruik en kan voorwerpe vashou en optel. Hy is nie meer hardlywig nie. In Januarie 2002 kon hy self rondbeweeg en hy is selfstandiger. Al het hy goed gereageer op die behandeling, ontvang hy steeds terapie en sy tevrede ouers sien uit na nog vordering as gevolg van die toegewyde behandeling wat hy kry.

Margarita en Elizabeth van der Merwe is ’n tweeling van 7 jaar. Hulle is op 26 weke gebore. Hul ouers het eers later besef hulle kan nie sit nie en dat hul bene nie optimaal ontwikkel het nie. Die boonste ledemate is normaal. Hulle kon praat, maar nie duidelik artikuleer nie. Om hul lewenstandaard te verbeter, is hulle na die New Hope School gestuur toe hulle nog klein was. Hulle is hiperaktief en ontvang fisioterapie en Herbarium-terapie. Hulle vordering was minimaal, maar Margarita het legkaarte begin voltooi en Elizabeth het begin hakkel. Margarita loop moeilik en loop met behulp van ’n loopapparaat. Elizabeth loop makliker, maar moet aan dinge vashou. Dié kinders het nie verstandelike probleme nie – net loopprobleme as gevolg van komplikasies in die lae rug- en heuparea.

Aan die begin van Februarie 2002, het hul ouma as ’n laaste uitweg ‘n Acurepatch gekoop. Behandeling het drie weke gelede begin. Hul ma en die fisiotereapeut het opgelet dat die tweetjies rustiger is en dat die hoë spiertonus begin afneem het. Hul ma het beaam dat hulle slaappatroon dramaties verbeter het. Hulle gaan minder teësinnig bed toe en hulle slaap langer ure heel rustig. Beter resultate word op die lang duur verwag.

Neurologiese kwale
Scroll to top