Oor, neus en keel

Meniere se sindroom

Hetta Essakow is ’n 64-jarige huisvrou wat al tien jaar lank aan Meniere se sindroom ly.

“Ek was permanent lighoofdig en ek kon nie my ewewig behou nie.”

Sy het alles probeer, die een pil na die ander. Uiteindelik het sy met ’n fisioterapeut in verbinding getree en met Acutouch-behandeling begin. Na die derde behandeling het sy verligting begin voel. Hetta het nog tien behandelings gekry in die eerste week en binne drie weke is sy heeltemal genees. Sy word nog behandel, maar net een keer per maand vir onderhouding.

“Ek is nou heeltemal gesond, maar sal nie aarsel om dadelik terug te gaan vir nog behandeling sodra ek dit nodig het. Ek kan dit nog nie werklik glo nie, maar die bewyse is daar!”

Hans van den Breggen, ’n swaar roker, is 15 jaar gelede met Parkinson se siekte gediagnoseer. In 1994 moes hy om mediese redes aftree. Die diagnose is later vernader na Posturale Trillings. Hy het begin doof word en hy is met Meniere se sindroom gediagnoseer. Hans se toestand was baie sleg voordat hy met die Acutouch behandeling begin het.. Hy was op medikasie wat in ’n mate die simptome kon beheer, maar die dosis moes gereeld vermeerder word.

Hy het in Januarie 2000 met Acutouch-behandeling begin. Hy het eers slegter gevoel , maar sy liggaam het van die gifstowwe begin ontslae raak. Na ’n week het hy beter begin voel. Opvolgtoetse by sy dokter het getoon dat alle tekens van Meniere se sindroom verdwyn het. Sy medikasie is heelwat verminder.

Twee maande later het alle simptome verdwyn en selfs die trillings het heeltemal gesak. Hy gaan voort met onderhoudende formules as sy enigste behandeling.

Sinusitis

“Die lewe is wonderlik, ek kan weer euik en asemhaal,” lag die 42-jarige Bennie Bell.

Bennie se wonderlike genesing van chroniese sinusitis het in November 1999 begin toe hy vriende besoek het wie en hulle vriendelike katte ’n sinusaanval aangebring het. Binne oomblikke was sy neus toe, hy het genies en pyn agter sy oë verduur. Dit het hom angstig en ongemaklik laat voel en hy wou dadelik huis toe gaan, maar sy vriendin het hom gekeer en voorgestel dat hy haar nuwe stel Acutouch Pointers probeer gebruik.

Hy het dadelik verligting gevoel toe die penne op sy sinusse geplaas is, maar hy het nie veel daarvan gedink nie omdat hy omtrent alles wat op die mark beskikbaar was vir sy probleem gebruik het met korttermyn verligting. Maar toe hy by die huis kom en sy neus was nog steeds oop, het hy besluit om vir homself ’n stel te koop. Hy het die penne gereeld twee weke lank gebruik en sê dat hy heeltemal genees is.

Die penne het al die familielede gehelp. Bennie het ophou rook dae nadat hy die penne begin gebruik het. Sy vrou, Esme, het verligting van angsaanvalle gekry en haar seuns het hulself vir verskeie sportbeserings behandel. Acutouch-terapie het werklik die lewenstandaard van die Bell-gesin verbeter.

“Ek ly aan chroniese sinusitis solank ek kan onthou.” Dit is Sandra Venter,’n 53-jarige huisvrou van Potgietersrus se woorde. Sy het onmiddellike verligting ervaar van sinusitis na net een behandeling met die Acutouch-penne.

Ian Duffield het ook vir so lank as wat hy kan onthou aan sinusitis gely. Hy het ’n reeks operasies gehad, maar slegs korttermyn sukses gehad.

In 2001 het hy van Tanzanië teruggekom Suid-Afrika toe, en die Augustusklimaat en besoedeling was eens te erg vir sy sinusse. Hy het simptome ervaar wat soos ’n erg griepaanval gevoel het. Hy het met Acutouch-terapie begin en sy toestand het die eerste drie dae versleg, maar omdat hy geweet het dat toestande soms versleg om te kan verbeter, het Ian dapper voortgegaan met die behandeling. Tot almal se verbasing was daar ’n ommeswaai en stadig maar seker na ’n week se loperige neus, het Ian besef dat dit nie sommer net ’n gewone loopneus was nie, maar dat sy sinusholtes besig was om te dreineer.

Na drie weke het sy sinusse uitgedroog en langblywende verligting was die uiteindelike gevolg. Ian weet hy moet voortgaan met die onderhoudende formule om die probleem onder beheer te hou.

Doofheid en oorsuising

Die apteker Braham Schmidt het doof geword in sy regteroor in die laat 1990s. Dis deur waterpokkies veroorsaak toe hy 56 was. Hy het herstel van die siekte, maar sy gehoor was erg aangetas. Dit het effe verbeter van -110%, maar hy het 75% doof gebly. Dit was ironies dat hy as’n apteker gehoortoestelle verkoop het, en nou self ook een moes dra. Hy het ook permanente oorsuising gehad, en volgens Braham is dit veel erger is om mee te lewe as doofheid.

Braham het by ’n vriend van Acutouch-terapie gehoor en besluit om dit te probeer. Hy onthou dat hy vreeslik duiselig gevoel het na die eerste behandeling: “Ek kon skaars praat en dit het my bang gemaak, maar ek het gevoel daar gebeur iets.” Na die derde behandeling het hy sy eie stel aangekoop en vier maande later kon hy weer hoor. Braham vertel dat hy selfs die geraas van sy motor se bande op die teer kan hoor. Hy hoef nie meer sy kop te draai om na die fyner nuanses van musiek te luister nie.

Doofheid

Mev. C. se gehoorprobleem het begin met ’n effense gehoorverlies en sy is na haar plaaslike dokter toe. Hy het voorgestel dat die was in haar ore medies met water verwyder moes word. Komplikasies gedurende die prosedure het sake vererger. Mev. C. het heeltemal doof geword in die regteroor en 20% gehoor het in die ander een oorgebly.

Drie weke van aanhoudende behandeling met Acutouch het haar gehoor tot en met 90% in albei ore teruggebring. Gedurende dié tyd het sy inflammasie in haar neus se sinusarea ontwikkel, wat na drie dae se behandeling genees het.

Oor, neus en keel
Scroll to top