Velkwale

Liesel Baker het Acutouch-terapie toegepas vir verligting van pyn van ’n verskuifde rugwerwel en chroniese migraine. Toe haar skeelhoofpyn net dae na haar behandeling verdwyn het, het sy besluit om die Touch Pointers te probeer op haar 10-maandeoue baba David, wat erg ekseem op sy rug gehad het.

“David se ekseem was na ’n week beter, en het na drie weke heeltemal verdwyn,” sê Liesel. Sy het opgehou om kortisoonsalf te gebruik en David kry instandhoudende behandelings.

“Die penne is net eenvoudig wonderlik!”

Pieter Coetzee (67) van Stilfontein, het 25 jaar gelede velkanker gekry. Al is dit chirurgies suksesvol verwyder, het hy 20 jaar later ’n terugslag gehad en die merk op sy skouer was rooi en geswel. ’n Gat so groot soos sy pinkie het ontwikkel en daar was geen ander uitweg nie: Hy moes die kanker weer laat verwyder.

“Ek was só moedeloos en heeltemal sonder hoop, ” sê hy.

Pieter het oorspronklik die Acutouch Pointers vir sy rugpyn gekoop, maar goeie nuus het die kantoor van Nature’s Technologies bereik: in Korea is dié goue penne suksesvol gebruik om kanker te behandel. Pieter het begin om homself plaaslik op sy skouer te behandel. Die infeksie het na twee weke begin opklaar en die rooi vel was weer ’n natuurlike ligroos kleur. Die diep gat in sy skouer het ’n roof gevorm en drie maande later het dit heeltemal genees.

“Die penne is net eenvoudig ongelooflik. My rug is beter, my hoofpyne is weg, en my fibrositis is iets van die verlede.”

Velkwale
Scroll to top