Vrae & antwoorde

Ja, dit werk nie net nie; Genesen Acutouch werk bo verwagting goed, veral as gebruikers die penne met volharding en toegewydheid gebruik.

ulle is koste-effektief, ’n langtermynbelegging vir u eie en u gesin se gesondheid. Baie operasies kon vermy gewees het met die gebruik van Acutouch. Duisende rande is in 2001 bespaar op pyntablette en anti-inflammatoriese middels nadat die middels onnodig geword het na die gebruik van Acutouch-terapie. U kan uself, u familielede, vriende en troeteldiere help! Die goue penne is veilig, baie effektief en maklik om te gebruik.

Daar is geen ooreenkoms nie. Die doel van Acutouch Therapy is nie om pyn te verbloem nie. Alhoewel dit uiters suksesvol is by pynbeheer, is die belangrikste dat dit die natuurlike genesingsproses stimuleer deur die gebruik van golwe wat op natuurlike wyse deur die liggaam geabsorbeer word om jou gesondheid te bevorder en te behou. Met ander woorde, die Genesen-toestelle het langtermynvoordele.

Genesen Acutouch sal u liggaam se vermoë om self te genees terugbring, wat ’n geskenk op sigself is. Ons beweer nie dit elke liewe ding genees nie, maar as Acutouch-terapie reg gebruik word, het dit buitengewone voordele. Acutouch kan alleen gebruik word of saam met ander soorte terapie. Tot nou toe is daar bewyse dat die goue penne baie effektief is en dat baie gewone en professionele mense op verskeie maniere daardeur gehelp is.

Dit is onmoontlik om die Genesen Acutouch te oorgebruik, of om jouself kwaad aan te doen. Maar ‘n mens moet tog versigtig wees hoe jy die terapie toepas onder die volgende omstandighede:

  • Swangerskap – Die handleiding lys sekere punte war liefs vermy moet word gedurende sekere maande van swangerskap.
  • Gangmakers – Behandeling kan met versigtigheid voortgaan. Moenie die penne naby die gangmaker self plaas nie. 

Nee, daar is net byvoordele. Dit gebeur dat mense wat vir artritis behandel word en wie se behandeling positief is terselfdertyd vind hulle hoofpyn verdwyn ook. In ’n paar gevalle sal u vind dat u aanvanklik méér pyn ervaar, maar dit staan bekend as ’n ligte “helingskrisis” — dit gebeur soms dat dinge vererger voordat dit verbeter! Dit is normaal vir sekere toestande. Gaan voort met die behandeling en na een of twee dae sal u die voordele begin voel. Dit gebeur omdat u die oorsake behandel en nie die simptome nie.

Daar is geen batterye nie of enige kragtoevoer van buite nie, en daar is ook geen beweegbare onderdele nie. Die Acutouch Pointers hou vir ’n onbepaalde tyd en sal nie werksaamheid gedurende daardie tydperk verloor nie, mits u hulle goed oppas. As u die penne beskadig of buig, sal die Acutouch Pointers nie so effektief werk nie. As dit sou gebeur, kan u die stel vir herstelwerk instuur na die naaste Genesen-kantoor. Om te verseker dat jou goue penne niks oorkom nie, hou hulle in hulle houer, weg van enige elektromagnetiese velde, moet hulle nie laat val nie, en hou hulle buite bereik van klein kindertjies.

Ja, u kan sekerlik die Acutouch-terapie op honde, katte en perde gebruik en goeie resultate verwag. Omdat diere baie meer sensitief is vir natuurlike energie, behoort u die toestel wat gebruik gaan word te kies volgens wat geskik is vir die behandeling.
  • Acutouch G300TT – Plaas die goue penne eers bokant die vel, sonder om daaraan te raak. (Ons het gevind dat die behandeling by tye te ongemaklik is as daar direkte kontak met die vel gemaak word.) 
  • Acutouch Gold Plus M5.2 – Die toegemaakte punte van die M5.2 is die beste en werk vinniger.
Ons verskaf ’n handleiding (alleen op aanvraag) wat die meridiaanlyne by honde en perde, asook die verskillende behandelings-programme aandui.

Natuurlik, want hulle is nie net met 24 ct goud oorgeblaas vir higiëniese redes nie (goud is nie voordelig vir virus- en bakteriegroei nie), en die punte kan ook met mediese spiritus ontsmet word.

Praktiese ondervinding het getoon dat twee behandelings daagliks (of selfs meer dikwels) genoeg is om chroniese siektes en kwale te behandel. Sporadiese behandeling neem baie langer om dieselfde of selfs swakker resultate te lewer. As die penne meer dikwels gebruik word, is die resultaat vinnig en as jy volhard, sal genesing blywend wees.

Nature’s Technologies voer die Genesen-produkte in en versprei die reeks in Suid-Afrika. Daar is agente in al die hoofsentrums in die land en selfs in sommige buurlande. Die meeste agente sal te alle tye voorraad hê of sal binne ‘n dag ‘n stel kan kry. Tree met ons in verbinding vir besonderhede.

Die Users Manual (handleiding) is baie omvattend. Ons het ’n verskeidenheid opsies waaruit u kan kies as u meer hulp en ondersteuning nodig het:
  • Tree in verbinding met Nature’s Technologies deur vanaf hierdie webruimte vir ons jou besonderhede te stuur, of gebruik die tolvrye nommer: 0860-150-150. ’n Genesen-terapeut kan u telefonies help.
  • Vir persoonlike hulp kan u Nature’s Technologies by Charlesstraat 33 in Pretoria besoek of ons kan vir u ’n terapeut in jou area aanbeveel.  

U kan met Nature’s Technologies in verbinding tree, waar ’n Genesen-terapeut u kan help of u geval na een van ons mediese adviseurs kan verwys. Ons sal per telefoon of per e-pos met u in verbinding tree met ’n antwoord. U kan ook verwys word na ’n Genesen-terapeut in u area vir ’n afspraak.

Die Genesen-toestel het geen bewegende onderdele nie, dus is dit nie nodig vir onderhoud of diens nie. Lees Vraag 7 vir besonderhede oor dienslewering na verkope.

U kan ’n afspraak maak met ’n Genesen-terapeut om die voordele persoonlik te ondervind voor u die penne aankoop. Die meeste van die Genesen-terapeute of agente in Suid-Afrika is gekwalifiseerd in een of meer mediese of komplimentêre gesondheidsrigtings. Die konsultasiegeld wissel na gelang van die beroep van die terapeut. Nature’s Technologies beveel van een tot drie behandelings aan, afhangende van die kwaal en die ouderdom van die pasiënt. As u dit eers persoonlik ondervind het, kan u besluit of u die toestel wil koop en sodoende sal u ’n gratis demonstrasie by die aankoop kry.

Meer as 600 000 stelle is wêrelwyd verkoop en geen foute is aangemeld nie. As u egter die ongelukkige eerste persoon is, meld dit dadelik aan by Nature’s Technologies deur middel van u agent, en u stel sal sonder enige vertraging vervang word.

Al die Genesen-agente sal maar te bly wees om die behandelingspunte op u vel te merk met ’n dermatologiese velmerker.

Scroll to top