Produktereeks

Genesen Acutouch G300TT

Die Acutouch G300TT stel bestaan uit:

  • 2 G300 TT Pointers (noord- en suidpoolmagnete)
  • 1 Wit bruggie om die twee G300TT Pointers gedurende behandeling vas te hou
  • 1 Verlengingsbuis wat onder en agter kan bykom
  • 1 Swart houer om die penne in die bruggie te hou, met sponse voor om die delikate punte te beskerm
  • 1 Ekstra wit houer
  • 1 Drasak
  • 1 Handleiding
    Dié toestel is die oorspronklike uitvindsel en word vir tuisgebruik aanbeveel. ’n Verskeidenheid toestande kan suksesvol tuis behandel word. Die magnetiese krag by die punt van aanraking op die vel, is 600 Gauss

Genesen Acurepatch Type C

Die Acurepatches het spesifieke gebruike:

  • Klein kindertjies (neurologiese kwale)
  • Vowassenes met min tyd vir behandeling 
  • Pasïente wat te swak is om hulself ’n hele Acutouch-behandeling te gee
  • Sportbeserings
  • Rugpyn
  • Spierstyfheid en krampe
  • As ’n instandhoudende behandeling in samewerking met Acutouch-terapie. Dié koste-effektiewe toestelle word gebruik op die plekke waar ongerief gevoel word en met ’n verband (verkrygbaar by enige apteek) in plek gehou. Die Acurepatch se meganisme bestaan net soos die Acutouch-penne uit permanente noord- en suidpoolmagnete, anione en ver-infrarooi-strale.


Acurepatch Type C (ongeveer 15 cm in deursnee) is geskik vir gebruik op die enkels, skouers, knieë en in die algemeen op die rug en spiere. Die Tipe C is baie suksesvol by kopbehandeling, omdat dit geskik is vir kinders. Dis ’n buigbare toestel in ’n houer (wat dien as bêreplek en om dit ook te beskerm).

Acutouch Gold Plus M5.2

Die jongste en veelsydigste toevoeging tot die Genesen-groep. Ontwikkel met professionele mense en oordeelkundige tuisgebruikers in gedagte. Die 800 Gauss-magnete verseker beter resultate oor ’n korter tydperk. Ook geskik vir massering. The Acutouch Gold Plus M5.2-stel bestaan uit:

  • 2 M5.2 Pointers
  • 1 Wit bruggie om een stel M5.2 Pointers gedurende behandeling vas te hou. Dié spesifieke bruggie kom kompleet met nog ’n bruggie om ’n tweede stel of M5.2 Pointers vas te hou.
  • 1 Wit verlengingsbuis om onder en agter te kan bykom
  • 1 Handleiding
  • 1 Drasak
  • 3 Tipes punte. Die punte kan verwissel word na gelang van die pasiënt se sensitiwiteit vir die gevoel wat die naalde veroorsaak:
    Die bedekte punte word op tenger of ouer pasiënte gebruik wat te sensitief vir die naaldsensasie is. Dit sal nie die vel beskadig nie en is ideaal vir kinders en diere. Enige oppervlakte kan ook gemasseer word met die bedekte punte, voor of na voorgeskrewe behandeling.
    Die medium punte word vir groter terapeutiese effek gebruik as ’n pasiënt nie die volle naaldsensasie kan verdra nie.
    Die oop punte word vir optimale resultate gebruik.
Scroll to top