Emosionele en verwante siektes

Depressie Depressielyer Ansu-Marie van der Walt lyk deesdae baie beter! Ansu-Marie van der Walt is ’n matriekleerder wat met geweldige depressie gediagnoseer is. Haar ouers was radeloos van bekommernis oor haar onstabiele buie en gedrag. Per toeval het Ansu-Marie en haar pa ’n fisioterapeut besoek wat behandeling met die Acutouch Pointers voorgestel het. Maande se psigiatriese behandeling en medikasie het nie veel gehelp nie, maar na ’n maand se behandeling met die penne was daar ’n merkbare verbetering in Ansu-Marie se gedrag. Haar ma sê: “Ansu-Marie het definitief positiewe verandering in haar gedrag getoon. Sy is minder aggressief en ons kom beter oor die weg. Sy kla nie oor die naalde-en-spelde-gevoel wat sy voorheen ondervind het nie en haar medikasie is baie minder. Ek kan regtig die behandeling aanbeveel.” Mev. Petra is 24 jaar oud en het erg depressie. Sy is twee jaar gelede in ’n institusie geplaas en mediese koste het gestyg. Net haar medikasie alleen was meer as R1 700 per maand en was nie baie effektief nie. Na ses Acutouch behandelings het sy heeltemal opgehou met die medikasie, maar het volgehou met haar Acutouch-terapie. Sy het meer selfversekerd en verlig gevoel as in jare. Deesdae voel sy soos ’n hele nuwe mens. Acutouch Therapy het bekend geword vir die gevoel van verligting wat dit by pasiënte bring. Dit word geskakel aan die sukses met die genesing van siektes en toestande wat die pasiënt se geestesgesteldheid verbeter. Maar daar is ook bewyse dat Acutouch mense se slaappatroon en bloedsomloop kan verbeter, wat natuurlik baie help vir ’n beter geestesgesteldheid by die meeste mense.
Emosionele en verwante siektes
Scroll to top